RIVERSDAL NUUS - Die warm maaltyd uit 'n sopkombuis is vir sommige mense gedurende grendeltyd hul enigste kos vir die dag.
Die nie-regeringsorganisasies wat sopkombuise bedryf is grootliks van skenkings en donasies afhanklik om hul werk te kan doen.
'n Groot donasie wat 'n oudinwoner van die dorp en tans sakevrou van Parow-Noord gemaak het is dus met ope arms ontvang.
Lima Mhatey, née Erasmus was die eerste vrou wat selfsorg gastehuise in die voormalige bruin woongebiede van Riversdal bedryf het, voor die gesin na Kaapstad verhuis het waar sy as matrone by Somerset-hospitaal gewerk het.
Haar eggenoot was 'n rekenmeester wat op 29 Augustus 2019 by hul strandhuis op Preekstoel oorlede is.
Ter nagedagtenis aan haar man en ouers, Willem en Hendrieka Eksteen het sy en haar twee kinders op Saterdag 25 April 'n skenking van 1 000 kg sopbene, 110 sakke aartappels, 110 sakke botterskorsies, uie, kopkool en 600 pakkies wortels gemaak.
Die vervoer is deur Anton Swart geborg. Die vleis en groente is tussen ses sopkombuise verdeel.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'