HESSEQUA NUUS - Inwoners van Hessequa is welkom om steeds met skenkings vir Becca's Soup Kitchen voort te gaan.
Die winter lê nog voor en die nood is groot.
Groente, soos wortels, aartappels, uie en enige sopmengsels sal Rebecca Johnson en haar regterhand, Caroline Page, in staat stel om groot potte heilsame sop voor te berei. Hulle gee drie maal per week vir ongeveer 300 mense sop.
Skenkings kan afgelewer word by Suid-Kaap Forum se kantoor in Heidelbergweg 29 net langs die NG Kerk Riversdal-Wes. Weeksdae enigiets van 08:00 af tot 18:00.
Die redakteur, Hugo Redelinghuys, of Sade Rossouw sal dit persoonlik ontvang.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’