Video
TUINROETE NUUS EN VIDEO - Die poging om by die wrak van ‘n vliegtuig uit te kom wat volgens inligting vroeër vandag in die Ruiterbos-omgewing in die Robinsonpas neergestort het, is vanmiddag afgelas vanweë swak sigbaarheid in mistige weer.
Hierdie is ook deur die Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, Kaptein Malcolm Pojie bevestig.
'n Polisiewoordvoerder op Groot-Brakrivier het gesê die soekgeselskap sal môreoggend omstreeks 09:00 in Friemersheim byeen kom om voort te gaan met die soektog.
Volgens Kaptein Pojie, is geen liggame uit die wrak herwin nie.
Daar was volgens inligting drie mense in die vliegtuig ten tye van die ongeluk.
Mossel Bay Advertiser-joernalis, Jannie die Plessis, berig vanaf die toneel. Kyk sy video hieronder.
Vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'