Video
ALBERTINIA NUUS EN VIDEO - Hoërskool Albertinia het vroeg hierdie maand 'n skenking van 40 blokfluite ontvang.
Volgens me Joanne de Waal, graad 5 onderwyser hoop sy dat dit die leerders sal inspireer om 'n musiekinstrument te kan bespeel.
Sy vertel dat die kinders baie opgewonde daaroor is om die blokfluit te leer speel. "Soggens voor skool, kan jy hoor hoe hulle buite die hekkie oefen."
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'