Update
SLANGRIVIER NUUS - 'n Projek om die dorpie se sportfasiliteite op te gradeer, is op Vrydag 5 April bekend gestel.
Volgens Johan Jacobs, munisipale bestuurder, sal die plaaslike sportgemeenskap in die volgende drie boekjare by die opgradering baat vind. Die beplanning van die projek sal in 2018/2019-boekjaar begin.
"Hessequa-munisipaliteit het in Mei 2017 besluit dat die bestaande sportterrein opgradeer moet word. 'n Totaal van 3 012 begunstigdes in Slangrivier sal voordeel uit die opgradering trek."
Die projek sal uit twee bronne gefinansier word, naamlik 'n Munisipale Infrastruktuur Toekenning (MIG) en munisipale befondsing. Die totale begroting beloop R8 miljoen. "Weens beperkte MIG-fondse sal die projek in fases geïmplementeer word."
Die opgraderingsprojek is in die munisipale vyfjaar geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP). Daar word beoog om werksgeleenthede vir die plaaslike gemeenskap te skep.
Lees 'n vorige artikel hier: Sportgronde word opgradeer
'Ons bring jou die nuutste Slangrivier, Hessequa nuus'