HEIDELBERG SKOLE NUUS - Maryl Jeftha, 'n boorling van Mosselbaai en vir die afgelope paar dekades woonagtig op Worcester, is sedert Julie verlede jaar as adjunkhoof by die skool aangestel.
Sedert die begin van die kwartaal neem sy waar as prinsipaal tot Maart, waarna die nuwe hoof die pos sal beklee.
Jeftha het haar opleiding aan die Söhnge Opleidingskollege op Worcester voltooi.
Sy het in 2015 bedank na 25 jaar diens, waar sy laaste by Bonne-Esperance Primêr op De Doorns as departementshoof diens gedoen het.
Na haar bedanking het sy vir drie jaar rondgereis, waar sy op Kenhardt, Richmond, asook by die Brandvlei-gevangenis se jeugsentrum onderrig gegee het.
Sy het verlede jaar aansoek vir die adjunkhoofpos gedoen. Haar boodskap aan leerders is baie eenvoudig: Eer, respek en vertroue en die wêreld is jou oester.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'