Na afloop van die voorval toe 'n Staffordshire-terriër haar aan die gesig, arm en bene gebyt het moes sy 100 steke kry.
Toekomstige plastiese chirurgie is nie uitgesluit nie.
Die voorval het in Oktober verlede jaar by bure se huis plaasgevind. Leandré se ouers is geskei en sy het ten tye van die voorval by haar ma, wat ook in dié dorp woonagtig is, gekuier.
Die erg beseerde meisie is na Riversdal Hospitaal gehaas vir mediese behandeling.
Tydens 'n gesprek met Suid-Kaap FORUM Maandag het haar pa, Schalk gesê: "Dit gaan goed met Leandré, maar raak sy tog nog mismoedig as sy die letsels op haar gesig in die spieël sien."
Lees meer hieroor in Donderdag se Suid-Kaap FORUM, asook aanlyn.

'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'