Die eienaar wou die hond verwyder en laat uitsit omdat dit 'n gevaar inhou vir lede van die publiek. Volgens inligting het die hond van 'n ketting losgebreek waaraan hy vasgemaak was en het Conradie aangeval. Beide sy hande is ernstig beseer en het hy intussen 'n operasie ondergaan om die skade te herstel. Hy het 155 steke gekry en sal hy vir moontlike verdere sjirurgiese behandeling moet te-rugkeer. Conradie sterk tans tuis aan.
Met navraag aan Hessequa munisipaliteit oor die aanval noem Susan Vosloo, media beampte dat Conradie die nodige en korrekte prosedure gevolg het en is deur die eienaar verseker dat die hond vasgemaak is en nie kon loskom nie. "Die hond het egter losgebreek en mnr. Conradie aangeval". Sy noem verder dat 'n wetstoepassingsbeampte, vergesel deur die plaaslike polisie en 'n veearts uitgestuur is na die adres waar die voorval plaasgevind het en is die hond verdoof. Die dier is later deur die veearts van kant gemaak.
Vosloo sluit af deur te sê: "Die veiligheid van amptenare by die munisipaliteit bly 'n prioriteit. Verdere opleiding en veiligheidsmaatreëls sal geïmplimenteer word en opleiding sal verskaf word oor die hantering van gevaarlike situasies. Hessequa munisipaliteit wens mnr. Conradie en sy familie alle sterkte toe".
Suid-Kaap FORUM het Dinsdagoggend, 8 Oktober besoek afgelê by Conradie om na sy toestand te verneem. Volgens hom voel hy heelwat beter, hoewel hy nog erge pyn in sy hande ervaar. Hy het ook beklemtoon dat die aanval 'n ongeluk was, maar dat mense tog versigtig moet wees vir gevaarlike honde, aangesien so 'n hond mens nie net ernstig kan beseer nie, maar ook kan doodmaak.
* IN SHORT
The Hessequa Pound Master, mr. Herman Conradie was seriously injured after being attacked by an Anatolic sheepdog. He was asked by the dog owner to have the dog removed and to be put down as it posed a danger to his child. While executing the removing the dog attacked him, ripping the tendons from his arms and damaging his hands. He was rushed to George Hospital where he received treatment. The damage to his hands were extensive and had to be repaired in a lenghty operation. He is currently recuperating at home.

Herman Conradie se hand voor en na behandeling. Foto's: Verskaf.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'