RIVERSDAL NUUS - Die plaaslike rolbalklub se uiters gewilde en genotvolle besigheidsliga skop eersdaags weer af.
Almal wie belangstel om 'n span in te skryf en om sy span te registreer, moet Donderdagaand 25 Januarie na die klubhuis gaan.
'n Span bestaan uit vier lede, saamgestel uit mans, dames, familielede (insluitende kinders) en kollegas.
"Met ander woorde, stel dit saam soos julle dit goed vind," sê Rachel Myburgh van die klub.
Spel begin Donderdagaande om 18:00 en die meeste spanne speel ongeveer 'n uur aan die 10 koppe.
Die klub het balle beskikbaar vir diegene wat nie het nie. Almal is welkom om die betrokke aand 'n paar balle te rol om die gevoel te kry.
Die toernooi begin op 1 Februarie. Spanne speel op 'n rotasiebasis teen mekaar tot die twee sterkste spanne dit in die eindronde uitspook, ongeveer agt tot 10 weke later.
Vir meer inligting, of koste om in te skryf, skakel Myburgh by 083 210 5879 of Johan van Rensburg by 082 218 8449.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'