STILBAAI NUUS - Laerskool Bertie Barnard op Stilbaai was jare gelede gebou om aan die behoeftes van 60 leerders te voldoen.
Vandag raak die getal leerders aan 300 en die skool bly groei.
Die gemeenskap se hulp word gevra om 'n aanlynveiling moontlik te maak om geld vir die skool in te samel.
Geld wat op hierdie manier geïn word, sal aangewend word om nog drie klaskamers op te rig.
“Borg 'n diens, 'n produk of jou tyd waarop iemand anders aanlyn kan bie vanaf 22 tot 29 November,” vra die organiseerder, Chrisna Meyer.
Die aanlyn-veiling se webadres is www.auction.bertiebarnard.co.za
Kontak vir Meyer (072 280 7364) of stuur 'n epos na laerskoolbertiebarnard@gmail.com
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'