Gallery
SLANGRIVIER NUUSFLITS - Slangrivier Primêre skool het op 11 November ’n familie pretdag gehou wat verskeie speletjies, maar ook skaak ingesluit het.
Daar was ook kaskarre wat deur die deelnemers en leerders gebou is.
Die skool, wat baie goed in hul skaakkompetisies vaar het deelnemers van verskeie skole in die streek, asook George en Oudtshoorn gelok.
Deelnemers vanaf o.12 tot 20 jaar en ouer het deelgeneem.
Volgens die prinsipaal, Peter Adams was die dag ’n groot sukses en beoog hulle om dit ’n jaarlikse instelling te maak.
“Dit dien om geld vir die skool te in, maar ook om die gemeenskap ’n kans te gun om sosiaal met mekaar te verkeer.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
ARTIKEL & FOTO'S: CLIVE PRETORIUS, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Slangrivier, Hessequa nuus'