HESSEQUA NUUS - Hoewel boks 'n baie bekende en gewilde sportsoort onder mans én vrouens is, was daar die afgelope jare min - indien enige - bokstoernooie in die Hessequa-streek aangebied.
Dit is iets wat Roscoe Pekeur wil regstel. Sy boodskap aan skole in die streek, wat sou belangstel om 'n boks-toernooi aan te bied as 'n fondsinsameling vir die skool, is om hom so gou moontlik te kontak.
"Ek reël self al die boksers en hanteer alles wat met so 'n toernooi gepaardgaan. Die belangstellende skool moet egter oor 'n saal beskik waar die toernooi aangebied kan word," sê hy.
Pekeur het juis Maandag 1 Augustus 'n toespraak by Ashton Sekondêr gelewer oor 'n bokstoernooi wat hy by die skool op 27 Augustus gaan aanbied.
Die geld wat daardeur geïn word, is om die skool te help om hul 7's rugbyspan na Maleisië te stuur.
Skole kan Pekeur per WhatsApp kontak by 067 744 8669, of epos hom by pekeurroscoe@gmail.com.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'