ALBERTINIA NUUS - Albertinianers het nog môre, Dinsdag 30 November kans om bloed te gaan skenk en dalk iemand se lewe in die komende feestyd daarmee red.
Die bloedskenkkliniek vind in die gemeenskapsaal vanaf 14:00 – 18:00 plaas.
Bloedskenkers en voornemende bloedskenkers op Riversdal moet Donderdag, 9 Desember solank in hul dagboek opteken. Dit sal weer in die Thusong-sentrum vanaf 14:00 – 18:45 plaasvind.
Indien jy met die koronavirus gediagnoseer word binne 28 dae na jy bloed geskenk het, moet jy dadelik met die Wes-Kaap Bloedskenkdiens in verbinding tree by 021 507 6319, 507 6320 of 507 6329.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'