Update Video
RIVERSDAL NUUS en VIDEO - 'n Stoor in Fritz Grubsingel in dié dorp se industriële gebied het Dinsdagoggend 22 Augustus teen ongeveer 07:00 begin brand en redelik skade aangerig.
"'n Gasbottel het blykbaar aan die brand geslaan en ontplof," het die hoof van beskermingsdienste, Adneshel Voss, aan Suid-Kaap Forum gesê. Slegs een werker was op die toneel toe die voorval plaasgevind het en dit is in die stadium nie seker of hy beseer is nie.
Jaco Pretorius van die Forensiese Patologiese Dienste wat ook op die toneel was, het bevestig dat daar geen lewensverlies was nie.
Die omvang van die skade, asook wat aanleiding gegee het dat die bottel begin brand het, word nog ondersoek.
Kyk 'n video hier onder.
ARTIKEL & VIDEO: WILMA ADAMSON, SUID-KAAP FORUM-REDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'