Update Video
HEIDELBERG NUUS EN VIDEO - Die skade wat die historiese St Barnabas Anglikaanse Kerk op Heidelberg op Sondag, 5 Desember opgedoen het toe sy toring inmekaar getuimel het, is vererger na reën gedurende die nag tot Maandagoggend, 6 Desember.
'n Moontlikheid bestaan dat die gebou moontlik gesloop sal moet word.
'n Dringende beroep word gedoen op die gemeenskap om 'n finansiële bydrae te maak om die kerk te red.
Vir meer inligting en bankbesonderhede kan vader Chassley Fredericks (028 722 2737) geskakel word.
Video: Historiese kerk se toring tuimel in
Vorige artikel: Ramp tref kerk vroegoggend
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'