RIVERSDAL NUUS - Die Riversdal-landbougenootskap gaan op Saterdag 18 Februarie saam met NWKV die Wes-Kaapse streekskeerkampioenskappe asook wolhanteringskompetisie by sy jaarlikse skou aanbied.
Daar word beplan om tussen 350 en 380 skape te skeer. Deelnemers van so jonk as 14 jaar kom van wyd en syd om aan hierdie spogkompetisie deel te neem.
Die kompetisie bestaan uit ‘n skeerkompetisie waar deelnemers aan drie verskillende vlakke van vaardigheid deelneem - beginners, intermediêre en opeklasse.
Die wolhantering het twee afdelings, beginners en ope, waar deelnemers fisies wolvragte moet klas en sorteer.
Vrydag 17 Februarie word daar ‘n spoedskeer aangebied waar deelnemers moet kyk hoe vinnig en korrek hulle ‘n skaap kan skeer.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'