HESSEQUA NUUSFLITS - Die bevordering van skaak in die gemeenskap maak 'n groot verskil in kinders se dag tot dag bestaan en kan die fundamentele beginsels van skaak toegepas word in hul groei en ontwikkeling.
Dit leer die kinders nie net hoe om hul brein te ontwikkel nie, maar hoe om probleme te analiseer, logiese denke te gebruik, dissipline te handhaaf, die vermoë om emosies te beheer, asook die bevordering van selfbeheersing en bou van selfvertroue.
Dit is volgens Hessequa-munisipaliteit se sosiale ontwikkeling programkoördineerder, Rosette Kathleen Mkize.
190 Laer- en hoërskoolleerders binne die streek het op 21 Oktober op Heidelberg aan die jaarlikse Hessequa Skole Skaaktoernooi deelgeneem, aangebied deur die munisipaliteit se departement: gemeenskapsdienste in samewerking met die skaakkoördineerders van die verskillende skole.
Wyksraadslid Jennifer Hartnick het die inisiatief ondersteun en kinders bemoedig deur te noem dat die spel 'n begeerte by die speler wek om altyd beter en beter te doen.
Die o.20-spelers is agter, van links mnr. Azriel Johnson, me. Gretha Conradie, me. Cornelia Joseph, me. Rosette Mkize en me. Elizma Moolman. Voor: Dimitri Robertson, Christiano Heynse, Eathan Moses, Janeska Januarie, Leighton Witbooi en Leigh-Hagen Eksteen.
Lees meer hieroor in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'