Gallery Update
RIVERSDAL NUUS - Sanesa se derde en vierde kwalifiserende skou vir Saddle Seat het Saterdag 21 Julie en Sondag 22 Julie by Riversdal-skouterrein plaasgevind.
South African National Equestrian School's Association (Sanesa) en Saddle Seat Wes-Kaap hou twee kwalifiserende skoue op die dorp.
Die jongste deelnemer was slegs drie jaar oud. Ghita Silva en Ilke Muir beide van Laerskool Volschenk het eerste plekke behaal.
Daar bestaan verskeie dissiplines onder die Sanesa-vaandel waaronder skouspring, uithouritte, ruiterkuns, Event Riding en Saddle Seat.
Ruiters neem onder hul skool se naam deel en daar word ook punte aan die skool toegeken.
Die Saddle Seat-dissipline fokus op ruiterkuns. Die ruiter word beoordeel op verskeie punte en ruiterkuns waar die perd as vertoner beoordeel word.
Na afloop van die seisoen en dus kwalifiserende skoue, word punte verwerk en spanne word gekies om 'n streek by die nasionale kampioenskap te verteenwoordig.
Ilke Muir van Laerskool Volschenk sit mooi regop hier op Namdez Apollo. Muir het met twee dissiplines ’n eerste plek gekry.
Hier ry Ghita Silva op Monica en hulle word deur Liezel Marais gelei. Silva is van Laerskool Volschenk en het onder andere met die klas vier Lead Rain Walk Trot dissipline 'n eerste plek gekry. INLAS: Ilke Muir van Laerskool Volschenk sit mooi regop hier op Namdez Apollo. Muir het met twee dissiplines 'n eerste plek gekry.
Lees 'n vorige artikel: Plaaslike ruiters spog
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'