Dit was tydens hierdie unieke oomblik van samesyn, waar ma en seun met inspirasie van motiveringspreker Jana du Plessis opnuut die genadegawe van ouerskap en kindwees beleef en bevestig het.
'n Uiters geslaagde oggend is onder die vaandel van die VCSV aangebied.
Du Plessis het met drie kerngedagtes elkeen teenwoordig opnuut bewus gemaak van die genadegawe van gesondheid, om voluit te leef en elke oomblik daarvan te waardeer en te geniet.
Hul neem die volgende boodskap saam met hulle: 'You live the Bible other people never read', bedoelende dat elkeen se lewensvoorbeeld ander moet inspireer en aanmoedig tot die goeie en regte.
VCSV-bestuur en hulle ma's na 'n heerlike oggend is agter van links Luan Lategan, Adriaan Engelbrecht, Willie Viljoen, Trudi Blignaut, HJ de Bruyn, Pierre Blignaut, Stander Terblanche, Emile Karg, Christel Botes, Awie Botes, Zak Liebenberg, Pieter Uys, Theunis Raubenheimer en AJ van Wyk. Voor is Petria Lategan, Jana du Plessis, Sarine Terblanche, Renette Liebenberg, Amelia Uys, Nolene Raubenheimer en Sandra van Wyk.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'