HESSEQUA NUUS - Die plaaslike munisipaliteit het die sesde agtereenvolgende jaar 'n skoon ouditverslag ontvang.
Munisipale bestuurder Johan Jacobs beskou spanwerk as die geheime bestanddeel: "Die senior bestuurspan het saam met elke lid van die personeel op effektiewe dienslewering gefokus."
Volgens Jacobs was dit 'n intensiewe en uitmergelende oudit en hulle is daarom baie trots op dié prestasie.
'n Skoon verslag beteken die ouditeur kon geen vals verklarings of wesenlike negatiewe bevindings ten opsigte van werkverrigting of nakoming van wetlike vereistes vind nie.
Hy het die munisipale raad vir die ruimte wat aan die administrasie gebied is om hul werk doeltreffend te uit te voer, bedank.
Uitvoerende burgemeester Grant Riddles het ook sy waardering teenoor al die betrokkenes uitgespreek.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'