STILBAAI NUUS - Stilbaai-speurtak ondersoek ’n saak van huisroof nadat twee senior burgers in hul woning in Stilbaai-Wes oorrompel was.
Volgens adjudant offisier Morné D’Emiljo, plaaslike polisiewoordvoerder, het die voorval vroeg vanoggend (Maandag 26 November) om ongeveer 01:00 plaasgevind.
Tot op hede is beide persone ongedeerd en is die voertuig wat deur die kriminele geneem is, reeds vroeg deur die polisie teruggevind waar dit ’n paar kilometer buite Stilbaai verlate gelaat was.
"Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus."