In 'n e-pos aan die koerant vertel Madelein Hartwell dat haar man, Richard rustig langs die Goukourivier in Stilbaai gesit en hengel het toe hy besef hy het 'n byt aan sy 7kg lyn. Hoogs opgewonde en tot sy groot verbasing sien hy dat dit toe nie 'n groot blinklyf is nie, maar wel 'n seeskilpad. Dit was glo ongeveer 1.5 meter breed en het die skaal op 54kg getrek. Die skilpad was duidelik ernstig beseer met 'n duidelike sny regoor sy dop, moontlik weens 'n haaibyt.
Rico Menezies en William Benn van CapeNature is gekontak en het dadelik die beseerde skilpad na die Mosselbaai rehabilitasie sentrum vir seevoëls geneem, waar dit versorg sal word tot dit weer vrygelaat kan word. In gesprek met Jean du Plessis van CapeNature noem hy dat die tipe skilpad algemeen in Stilbaai se waters voorkom, maar mensku is. Du Plessis kon nie bevestig of die skilpad werklik deur 'n haai gebyt is nie, aangesien hy dit nie self gesien het nie.
Op rooidata lys
Volgens navorsing is dié tipe seeskilpad aangeteken as 'n beskermde spesie op die International Union for the Conservation of Nature (IUCN) se rooidata lys vir beskermde en bedreigde spesies. Die marienereptiel kom voor in die Atlantiese, Pasifiese, Indiese asook Meditireense oseane. Die seeskilpaaie word ook opgemerk in estuarium habitatte en lê die wyfie haar eiers op die land. Die 'Loggerhead' seeskilpad kan tussen 47 tot 67 jaar oud word.
* IN SHORT
A Stilbaai angler, Richard Hartwell made a rare discovery when he pulled out a Loggerhead Turtle (Caretta caretta) while fishing next to the Goukou River in Stilbaai. The turtle had a injury on its shell which might have been caused by a shark. CapeNature transported the turtle to Mossel Bay for treatment and rehabilitation after which it will be released. Loggerheads are considered an endangered species and are protected by the International Union for the Conservation of Nature.
Richard Hartwell by die beseerde seeskilpad wat hy langs die Goukourivier uitgetrek het.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'