HESSEQUA NUUS - Die saak teen die plaasboer wat in die plaaslike landdroshof verskyn het op aanklag van crimen injuria, is van die rol geskrap nadat hy en die klaer geskik het om die saak nietig te verklaar.
Die klaer, ‘n bekende inwoner van Slangrivier, was deel van Slangrivier se buurtwag en is glo verbaal beledig, gevloek en gedreig toe die plaasboer hom en sy medebuurtwaglid op 'n plaaspad raakgeloop het.
Die aangeklaagde is beveel om die klaer onvoorwaardelik om verskoning te vra en gewaarsku om nie weer die klaer te pla nie.
Die saak het Dinsdag 3 Julie voor die hof gedien.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’