HEIDELBERG NUUS - Die saak teen die 25-jarige beskuldigde wat van die moord op Burton Scheepers (24) aangekla word, is Maandagoggend 30 Januarie tot Dinsdag 7 Maart uitgestel.
Die beskuldigde het glo vir Scheepers, 'n boorling van Atlantis, op Saterdagaand 14 Januarie noodlottig met ’n skerp voorwerp aangerand en in die nek gesteek.
Die saak is vir borgtogdoeleindes uitgestel, maar borgtog is geweier. Die beskuldigde, Victor Johannes, bly in aanhouding nadat hy vlugtig in die hof verskyn het.
Die saak is vir verdere ondersoek uitgestel.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'