Danie en Karin Cronjé vertel dat die rooiborsie al 'n geruime tyd haar intrek in 'n potplant geneem het.
"Sy is regtig mak en stap sommer in die huis in en nooi haar mannetjie ook soms in. Sy is lief daarvoor om op die kroegtoonbank in die huis te gaan sit. Danie vang soms vir haar wurmpies in die tuin wat hy vir haar voer," vertel sy.
Hulle het opgelet dat sy, oftewel Muis soos wat sy gedoop is deur hulle, op eiers broei en die twee babas is Maandag, 11 Augustus uitgebroei.
Met Suid-Kaap FORUM se besoek het sy nie eers weggevlieg toe daar van haar foto's geneem is nie.
Karin het met haar gesels en gesê: "Muis, gaan jy gou bietjie afklim dat ons die babatjies ook kan afneem?"
Sy het uitgevlieg en rustig op die grasperk en in die tuin gaan rondstap terwyl die twee babas afgeneem is.
Die rooiborsie sit rustig in die potplant op die voorstoep.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'