HESSEQUA NUUS - Uitvoerende burgemeester Grant Riddles het onlangs vir twee vroue opnuut hoop gegee nadat hy 'n rolstoel aan elkeen oorhandig het.
Esmé September van Riversdal het 'n beroerte gehad en is daarna van 'n rolstoel afhanklik.
Riddles het Woensdag 22 Augustus 'n rolstoel aan haar oorhandig.
Sofia Lotz van Slangrivier is weens siekte van 'n rolstoel afhanklik. Haar rolstoel was reeds 'n geruime tyd stukkend en kon daarom glad nie uit haar huis gaan nie.
Riddles het haar onlangs met 'n splinternuwe rolstoel verras, met die hoop om haar omstandighede te kan verbeter.
Voor is Ben Smith (raadslid), Sofia Lotz en Lizet Lotz. Agter is Jennifer Hartnick (raadslid) en Grant Riddles.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'