HESSEQUA NUUS - Riversdallers het Donderdag, 5 Augustus 70 eenhede bloed tydens die Wes-Kaap Bloedskenkdiens kliniek in die Thusong-sentrum geskenk.
Dié skenkers daag Stilbaai se skenkers om daarop te verbeter wanneer dit hul beurt op Donderdag, 19 Augustus is om bloed te gaan skenk.
Die kliniek sal oudergewoonte in die gemeenskapsaal vanaf 12:00 tot 15:00 gehou word.
“Ons normale teiken is sowat 40 skenkers, maar die Riversdallers is staatmakers en ons ontvang gewoonlik so tussen 60 en 80 eenhede,” het Ronellety Bantom van die WKBD gesê.
Daar is tans 'n groot tekort aan bloed, veral in die O+groep.
Indien jy met die koronavirus gediagnoseer word binne 28 dae na jy bloed geskenk het, moet jy dadelik met die Wes-Kaap Bloedskenkdiens in verbinding tree (021 507 6319, 507 6320 of 507 6329).
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'