Die vereniging sal, in samewerking met Hessequa munisipaliteit se toerisme afdeling, 'n nuwe inisiatief loods om toerisme in Riversdal en in die Hessequa gebied te bevorder. Danie Crafford was die sameroeper en het die teenwoordiges kortliks toegespreek en beklemtoon dat 'n uitvoerende toerisme komitee nodig is om toerisme in die dorp aan te spreek. "Hou op om die ekonomie eerste te stel. Plaas toerisme bo en die ekonomie sal groei".
Hy het ook gesê dat 'n uitvoerende toerisme komitee voordele inhou, soos dat daar by die regering aansoek gedoen kan word vir befondsing, dit toerisme sal versterk en kan die vereniging ook registreer by staatsdepartemente soos die departement kuns en kultuur. Hessequa munisipaliteit het aangedui dat fondse bewillig sal word om die vereniging op die been te bring. Kern toerisme bedrywe is kortliks bespreek en sluit in onder andere kunste, kleinhandel, groothandel, fietsry, tuinbou, gastehuise en hotelle.
Daar is tot stemming van die teenwoordiges oorgegaan, waartydens verteenwoordigers van die verskillende afdelings, waaronder gastehuise, besighede en verskeie kultuur- en sportorganisasies resorteer, gekies is. Dié komitee sal tydens die volgende vergadering, wat op Donderdag, 7 Augustus gehou word, 'n voorsitter verkies. Insette van die publiek is welkom om die vereniging se effektiwiteit in die ontwikkeling van Riversdal se ekonomie en sy mense in die breë, te bevorder. Belangstellendes is welkom om die vereniging se algemene vergaderings by te woon en sal deurentyd op hoogte gehou word van enige verdere ontwikkelings wat beplan word.
Vir verdere inligting of navrae kontak Reinette Swanepoel by swanepj1@telkomsa.net of by 028 713 1581.
*IN SHORT
In an attempt to breathe new life into Riversdale tourism a new Tourism Association was formed during a meeting which took place last week between tourism roleplayers.The association will work closely with Hessequa Municipality to stimulate tourism in Riversdale. Persons interested are invited to attend the next meeting on Thursday, 7 August.
Toerisme rolspelers tydens die stigtings vergadering van die Riversdal Toerisme vereniging.
ARTIKEL: ELIZE BLOM, SUID-KAAP FORUM-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'