RIVERSDAL NUUS - Die Rainbow Community Church Worship Team (RCC) van Riversdal het die afgelope naweek in Milnerton in die Kaap by Atlantic Studios aan een van die gewildste TV-programme, Koortjies, deelgeneem.
Koortjies word deur die gewilde Jonathan Rubain aangebied en is verlede Sondagaand om 18:00 op kykNET uitgesaai.
Die koor het een van hul eie liedjies gesing - Die Bevel - gesing wat deur die koorlid Darren Pieterse geskryf is.
Darren Pieterse van die Rainbow Community Church Worship Team (RCC) in Riversdal sing verlede Sondagaand op die gewilde kykNET-program Koortjie wat verlede Sondagaand regstreeks uitgesaai is. Hy het dié liedjie Die Bevel self gekomponeer ter nagedagtenis aan sy oorlede pa, apostel Pietie Pieterse. Links agter staan Macnolea Pieterse.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'