RIVERSDAL NUUS - Inwoners van Riversdal, maar ook die res van die Hessequa-streek word gevra om die plaaslike hospitaal slegs in ‘n noodgeval te besoek, omdat die hospitaal tans onder druk is.
“Dit is as gevolg van ‘n toename in hospitalisasies van Covid-19, maar ook ander siektetoestande,” verduidelik Nadia Ferreira, mediawoordvoerder van die Wes-Kaap departement van gesondheid: Tuinroete en Sentraal-Karoo.
Sy vra dat persone hul naaste kliniek besoek vir nie-lewensbedreigende toestande, wat die druk op die hospitaal sal verlig.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'