Dit was die woorde van Denis Joseph, nuwe DA-lid van die provinsiale parlement (LPP) vir Hessequa tydens Huis Wallace se algemene jaarvergadering Vrydag, 12 September.
Hy het die jaarvergadering namens die premier bygewoon en toegespreek.
"Gestremdes is deel van ons gemeenskap wat ook basiese dienste nodig het, soos toegang tot vervoer en geboue. Die Wes-Kaapse regering erken die organisasies vir gestremdes wat onafhanklik kan bestaan sover moontlik en ondersteun persone wat hulp nodig het," het hy gesê.
Sowat vyf miljoen mense in Suid-Afrika lewe met een of ander vorm van gestremdheid, volgens Sensus 2011-statistiek.
Lees Donderdag meer in die Suid-Kaap FORUM, en aanlyn.

By Huis Wallace se AJV, van links: Thinus Duvenhage (inwoner en seremoniemeester), rdl Emor Nel, Denis Joseph, Sandra van Jaarsveld, en Dalene en prof Wallace Anderson. Foto: Wilma Adamson
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'