Die strategie erken dat die informasie en kommunikasie tegnologie (ICT) 'n sleutelrol speel in ekonomiese en sosiale ontwikkeling in die Wes-Kaap. Die program is een van die sleutel programme vir die bevordering van digitale geletterheid deurdat ICT opleiding gegee word, asook toegang tot e-pos en internet.
Armer en agtergeblewe gemeenskappe het hierdeur toegang tot regeringsdienste en produkte, verskeie aanlyndienste, kan beter kommunikeer met regering, het toegang tot belangrike informasie rakende besigheidsgeleenthede en werksgeleenthede.
Cape Access bemagtig armer gemeenskappe om die uitdagings van armoede beter aan te spreek deurdat 25 e-Sentrums wat bestaan uit ses tot 12 rekenaars met internet, toegang daargestel is in die provinsie vir die persone se gebruik. Die rekenaars is in publieke biblioteke, skole, multi-doel sentrums en ander punte geïnstalleer.
Die sentrums is oop vir gebruik van enige persoon wat dit benodig, maar is die fokus daarop om armer en agtergeblewe gemeenskappe te bemagtig. Gebruik van die sentrums is gratis, maar is tyd verbonde (45 minute per persoon) op 'n daaglikse basis. Lede kan e-pos gebruik en word bygestaan deur opgeleide fasiliteerders hoe om hul eie e-posse op te stel en hoe om hul weg op die internet te vind. Elke rekenaar is toegerus met rekenaar programme wat insluit Word, Excel, Powerpoint, asook e-pos en internet toegang.
Die volgende dienste is gratis by die sentrum
Navorsing, skandering van dokumentasie (scanning), opvoedkundige programme, gratis basiese rekenaar en ICDL (international computer driving licence), opleiding, stuur van fakse ensovoorts. E-filing, internet bankdienste en ATM opleiding vir pensionarisse sal ook beskikbaar wees sodra die sentrum fasiliteerders opleiding ontvang het.
Besigheidsure
Maandae en Dinsdae: 07:45 – 16:30
Woensdae: 08:00 – 16:30
Donderdae: 07: 45 – 16:30
Vrydae: 07:45 – 15:30
Die sentrum is gesluit op publieke vakansiedae.
Rivesdal e-Sentrum: Adres: Van den Bergstraat (geleë by die Riversdal Thusong Dienssentrum). Tel: 028 713 2010.
Die e-Sentrum is 'n aanwins vir die plaaslike gemeenskap.