Update
HESSEQUA NUUS - Hessequa-munisipale raad sal van Maandag, 14 Desember tot Woensdag 20 Januarie in reses gaan.
Speaker van die raad, Andrew Stroebel het tydens Woensdag, 25 November se raadsvergadering die resesdatums aangekondig. Hy het dit egter duidelik gestel dat die resesperiode nie 'n vakansie beteken nie.
Volgens Stroebel sal daar geen raadsvergaderings tydens dié periode wees nie.
Raadslede sal egter hul verpligtinge teenoor die gemeenskap moet nakom.
Vergaderings, soos belastingbetalers- en ander verenigings sal steeds bygewoon moet word. Projekte moet gemonitor word en raadslede sal die nodige funksies moet bywoon.
Uitvoerende burgemeester Grant Riddles het 2020 as 'n moeilike jaar in sy feesboodskap beskryf.
"Almal het baie hoop gehad en dis net so weggevat deur die pandemie," het Riddles gesê.
Hy het gemaan dat almal by die Covid-19-voorkomingsmaatreëls moet hou.
"Onthou, daar is nou 6 000 mense in Stilbaai. Eersdaags is daar 60 000," het hy as rede tot kommer aangevoer.
Vorige artikel: Speaker kondig reses aan
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'