HESSEQUA NUUS - Eiendomsgebruiksregte word na bewering deur CapeNature aangeval.
“Dit gaan oor die regte van oewerbewoners op die banke van alle getygebonde riviere in Suid-Afrika, asook die oewerbewoners van die Goukourivier in die Hessequa-streek,” het Louw Malherbe, direkteur by plaaslike prokureurs op Riversdal, wie namens die meerderheid van die Goukou oewereienaars optree, aan Suid-Kaap Forum gesê.
'n Openbare deelnameproses was deur CapeNature gedurende 'n vergadering op 6 April 2010 begin, vir doeleindes van die opstel van ‘n bestuursplan vir getygebondegedeelte van die Goukou rivier.
Die eerste bestuursplan was blykbaar egter nie wat voorgestel is nie.
Kaart met 5m rooi lyn bo hoogwatermerk wat aangetaste eiendomme op Goukourivier aandui net bo Stilbaaibrug.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'