HESSEQUA NUUS - Daar is hoop as jy dink jou diensterekening vir April is te hoog.
Die munisipaliteit het in 'n mediaverklaring inwoners wat dink hul rekeningbedrae moet aangepas word, uitgenooi om per e-pos met hulle kontak te maak.
Volgens munisipale bestuurder Johan Jacobs is gemiddeldes om April se water- en elektrisiteitslesings te bepaal gebruik, aangesien meters nie tydens inperking gelees kon word nie. Enigiemand wat voel die rekeningbedrag is te veel of te min, kan 'n foto van die lesings op hul meters per e-pos aan Carina Oosthuizen by carina@hessequa.gov.za stuur. Sy sal die nodige aanpassings doen en per e-pos terugvoer gee.
Inwoners wat gewoonlik hul rekeninge per pos ontvang, word versoek om dieselfde bedrag as die vorige maand te betaal aangesien geen rekeninge gepos kon word nie.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'