ALBERTINIA NUUS - ‘n Voltooiingsdatum vir die opgraderingswerk aan Hoofstraat, Albertinia was aanvanklik vir 30 Junie beoog.
Die goeie reëns die afgelope tyd het werk egter vertraag.
Volgens Didi Budricks, munisipale woordvoerder het die bestaande padoppervlak uit soliede beton bestaan.
“Die kontrakteur het op 4 Junie met die werk begin, maar met die opgrawings en voorbereidingswerk van die laagwerke, is waargeneem dat die bestaande rioollyn direk onder die beton gelê is.
“Die kontrakteur moes sekere gedeeltes met die hand oopmaak om nie die diens te beskadig nie. Gedurende Junie was daar verskeie reëndae wat die vordering van die werke verder vertraag het.”
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'