Gallery Video
RIVERSDAL NUUS EN VIDEO - Lede van die sosiale liga van Riversdal-rolbalklub het Donderdagaand 12 Maart die balle laat rol om geld vir KANSA in te samel.
Baie van die spelers en hul vriende wat saamgekom het om die goeie doel in ligte luim te ondersteun, was in pienk getooi.
Soos by die onlangse KANSA Shavathon was hul hare – en snorre – kleurryk geverf.
Hulle het tydens die tweede fondsinsameling by die klub heelwat meer as verlede jaar se R2 640 ingesamel.
Fotogalery: Balle rol vir KANSA
Kyk 'n video hieronder:
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'