Dit was so erg dat die riool in hul huis, van die badkamer tot die kombuis gestroom het en moes hulle hul besittings na buite dra om nie skade te ly nie.
Al hulle pogings om die riool te probeer keer, was onsuksesvol. Hulle het raadslid Richard Johannes genader, wat dit op sy beurt aan mnr. Reggie Wesso (bestuurder: tegniese dienste, Hessequa) gerapporteer het en wie dit verder gevoer het.
"Ek het die gesin op 'n gereelde basis op hoogte gehou van die vordering wat gemaak is en na slegs drie maande is die probleem opgelos," vertel Johannes. Die gesin bedank hom en die verantwoordelike persone by die riool-afdeling dat die probleem eindelik permanent opgelos is.

Van links staan Andries Blaauw, Anna en Zeeland Keyzer en rdl. Richard Johannes.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal | Hessequa nuus'