HESSEQUA NUUSFLITS - Die Hessequa raad het tydens 'n spesiale raadsvergadering op Woensdag 10 Januarie kennis geneem van die vasstelling van salarisse, toelaes en byvoordele van die raad met ingang 1 Julie 2017.
Die perke van salarisse, toelaes en voordele vir raadslede word vasgestel deur die departement van koöperatiewe regering en tradisionele sake en is op 15 Desember verlede jaar in die Staatskoerant 41335 afgekondig.
Die verhoging, wat terugwerkend is tot 1 Julie 2017, moet eers deur die Wes-Kaapse minister van plaaslike regering, Anton Bredell goedgekeur word.
Raadslede is self verantwoordelik vir die betaling van hul mediese fonds- en pensioenbydraes.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
ARTIKEL: SAN-MARIÉ CRONJÉ, SUID-KAAP FORUM-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'