SWELLENDAM NUUS - Die R60 tussen die N2 en Ashton is gesluit weens ’n trompop-botsing tussen twee vragmotors, waarvan een in vlamme uitgebars het.
Die ongeluk het sowat 10 km vanaf Swellendam gebeur.
Motoriste wat van die pad gebruik moet maak, moet ’n alternatiewe roete volg.
Meer inligting volg soos wat dit bekend word.
'Ons bring jou die nuutste Swellendam, Hessequa nuus'