Gallery
STILBAAI NUUSFLITS - Die ‘Take Hands’-projek het ten doel om die gemeenskap te dien deur ondersteuning te bied aan persone wat in enige vorm van nood verkeer.
Die projek het die lig gesien toe Lardus Potgieter, Corlea Louw en Alta Kleinhans, hul vriendin Alta Hands wat met kanker gediagnoseer is, wou ondersteun. Sy het nie vervoer gehad vir haar besoeke aan dokters nie, wat haar vriende laat besluit het om die ‘Take Hands NPC’ te stig.
Sodoende word bydraes wat deur besighede, organisasies en die gemeenskap gemaak word, korrek aangewend word om persone in nood, te ondersteun.
Sodra die persoon nie meer die voertuig benodig nie, word ‘n volgende persoon geïdentifiseer wat van voertuig gebruik kan maak.
Besighede, organisasies en persone wat betrokke by dié gemeenskapsinisiatief betrokke wil raak, kan die volgende persone kontak: Corlea Louw (064 903 7206), Alta Kleinhans (072 798 3234) en Lardus Potgieter (064 900 8122).
Die webtuiste sal van die grond af kom en oor al die inligting beskik sodra die eerste bydraes gemaak is.
Lees meer in Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'