STILBAAI NUUS - Aan die oostekant van Stilbaai is 'n ongelooflike muurskildery aan't ontwikkel.
Hennie Vorster, eienaar van die gebou in Dorisweg (die pad na die industriële gebied) het in Junie verlede jaar begin aanbou en verbou, wat in November voltooi is. Die kaal wit mure het hom egter geweldig gepla.
Hy het navorsing op die internet begin doen oor muurskilderye en het werke van Fourie Ackermann gesien wat hom onmiddellik aangetrek het.
Hennie se opdrag was motorhuise met al die motors wat hy van matriek af gery het, met balkontonele van 'n tipiese Havana in Kuba atmosfeer aan die bokant.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'