Gallery Update
ALBERTINIA NUUS - Die jaarlikse potjiekompetisie wat deur Albertinia-hotel aangebied word, het Saterdag, 14 November selfs inskrywings vanuit Kaapstad ontvang.
Vanjaar se kompetisie was besonder spesiaal omdat die hotel ook 120 jaar hotelstatus het.
Spanne van Albertinia, Mosselbaai, Stilbaai en Kaapstad het ingeskryf en die spesiale dag saam gevier. Janine Fourie het vir die musiek gesorg en vir 'n heerlike atmosfeer gesorg.
Fotogalery: Jaarlikse potjiekompetisie op Albertinia
Die beoordeling is deur Christo, René en Gerhard Shacks behartig.
Wenners
- Aloe Ferox van Albertinia;
- Barnes-familie van Stilbaai;
- Krumm-familie van Stilbaai.
Die organiseerders bedank al hulle borge wat die pryse van die dag moontlik gemaak het. Hulle nooi almal wat reken hulle is 'n potjiekos ekspert uit om volgende jaar in te skryf.
Die beoordeling is deur Christo, René en Gerhard Shacks behartig.
Vorige artikel: Potjiekoskompetisie trek wyd aandag
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'