STILBAAI NUUS - Die Jagersbosch-gemeenskapdienssentrum bied op op Saterdag 3 Desember 'n potjiekoskompetisie aan en hulle wil alle inwoners uitnooi om hul vernuf met hul potjieresepte by Jagersborch op die proef te kom stel.
Inwoners word versoek om hul eie potjie en gasbottel saam te bring. Geen oop vure sal toegelaat word nie.
Daar is pryse op die spel vir die wenpot en Stilbaaiers kan kaartjies koop om van die potjies te eet.
Daar sal ook 'n ontbyt om 09:00 en om 11:00 beskikbaar wees.
Vir enige navrae bel Jagersbosch by 028 754 1934.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'