STILBAAI NUUS - Twee knap polisielede van die Suid-Kaap is onlangs vir uitmuntende diens vereer.
Sers. JM Spangenberg van die K9-eenheid op Mosselbaai en konst. Christiaan Zwiegelaar van Stilbaai-polisie is deur die nasionale polisiekommissaris beloon met toekennings vir uitstaande dienslewering aan die gemeenskap.
Die toekenning is op 14 November deur brig. Gerhard Jantjies, Da Gamaskop-groepshoof aan hulle oorhandig.
“’n Mens moet net bereid wees om ’n verskil te maak,” sê Spangenberg.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'