HEIDELBERG NUUS - Vier lede van Heidelberg-polisie is in die spervuur nadat hulle Saterdag, 5 Junie ‘n jongman na bewering aangerand het.
Die lede het die verdagte in ‘n vrouelid se huis gekry terwyl sy aan diens was.
Iemand het die polisie laat weet dat daar iemand in die huis is. Sy is saam met ander lede wat op patrollie was na die huis, waar hulle die man in die slaapkamer gevind het.
Die verdagte is vir huisbraak en diefstal aangekla en het Maandagoggend, 7 Junie die eerste keer in die hof verskyn. Hy het na sy verskyning ‘n klag van aanranding met die opset om ernstig te beseer teen die vier lede aanhangig gemaak.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'