HEIDELBERG NUUS - Die plaaslike polisie in Heidelberg het 'n dringende beroep op inwoners gedoen om hulle daarvan te weerhou on onnodige paniek onder ouers, voogde, oppassers en opvoeders te saai met die onbevestigde berigte wat op sosiale media rondgestuur word oor 'n onbekende vrou wat in die dorp in haar voertuig rondbeweeg en kinders ontvoer.
Volgens sers. Imorgene Hendricks is hulle bewus van die ongegronde storie wat al sedert Woensdag die ronde doen. Sy sê die polisie is op bystand en patrolleer die dorp aanhoudend om die situasie deeglik te monitor.
Sy sê dat hulle tot in die stadium nog geen spoor van die voertuig of die vrou in die Eden-streek opgemerk het nie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’