HEIDELBERG NUUS - Die plaaslike polisie se A-skof het Saterdagaand, 21 Oktober, op 'n woning in Johansenstraat toegesak en op 'n groot hoeveelheid dwelms en drank afgekom.
Die operasie is omstreeks 21:00 tydens die halfeindstryd tussen die Springbokke en Engeland uitgevoer.
Volgens sers. Imorgene Hendricks, plaaslike mediabeampte, is die operasie onder leiding van konst. JJ Paige van stapel gestuur waartydens 'n lokvink gestuur is om twee biere te gaan koop.
Die lokvink het met die twee biere teruggekeer waarna die perseel onmiddellik deursoek en beslag op die dwelms en drank gelê is.
Daar is op altesame 44 Mandrax-tablette, 11 halwe tablette en 24 bankies tik beslag gelê.
Die verdagte, 'n 51-jarige man, is in hegtenis geneem en weer Maandag vrygelaat totdat die laboratorium toetse afgehandel is. Indien die toetse positief is sal hy in die plaaslike landdroshof op aanklag van handel met dwelms en drank verskyn.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’