ALBERTINIA NUUS - Inligting wat opgevolg is op Saterdag 4 November om 21:00 van 'n besending dwelms wat in die dorp ingekom het, het daartoe gelei dat polisielede 'n perseel in Theronsville gevisenteer en beslag op 'n groot hoeveelheid items gelê het:
• 68 bankies dagga
• 42½ Mandrax tablette
• 13 stoppe dagga
• 12 bankies tik
• 37 strooitjies bevattende tik
Twee persone is gearresteer vir handel en besit van dagga, tik en Mandrax.
Die skofbevelvoerder, a.o. Jacolene van der Bergh en stasiebevelvoerder, kapt. Susan Botha prys die lede van D-skof vir hulle flink optrede wat tot die groot beslaglegging en arrestasies gelei het.
Die arrestasiebeamptes is konst. Thandi Plaatjie en sers. Danville Prins.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'