RIVERSDAL NUUS - Rebecca Johnson, bekend vir die geestelike dansgroep wat sy begin het vir straatkinders in Kwanokuthula asook haar sopkombuis, Becca's Soup Kitchen, waaruit sy drie keer per week aan sowat 300 honger inwoners van dié woonbuurt kos voorsien, is besig met groot planne vir Jeugdag, 16 Junie.
Sy wil die jeug vir die tweede agtereenvolgende jaar op Jeugdag met voedsame sop en brood bederf juis omdat die dag spesiale betekenis het vir die jeug.
Rebecca sê hulle verwag ongeveer 300 kinders op die dag.
Mense wat kan help met kosskenkings of dalk 'n bietjie kontant kan afknyp wat sy kan gebruik om kos aan te koop, kan dit weer by Suid-Kaap Forum se kantoor in Heidelbergweg 29 by die redakteur, Hugo Redelinghuys, of Sade Rossouw by ontvangs kom aflaai.
Hulle sal dit aan Rebecca besorg.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’